18 Hy het boos gedoen in die oë van יהוה; hy het in al sy dae nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.
19 Pul, koning van Ashur, het teen die land gekom en Menagem het vir Pul ’n duisend talente silwer gegee sodat sy hande met hom sou wees om die koningskap in sy hand te versterk.
20 Toe het Menagem die geld vanuit Yisra’el ingevorder, van al die magtige manne van rykdom, vyftig sikkels silwer van elke man om die koning van Ashur te betaal. So het die koning van Ashur teruggedraai en nie daar in die land gebly nie.
21 Die res van die dade van Menagem en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?
22 Menagem is neergelê by sy vaders en P’kagyah, sy seun, het in sy plek koning geword.
23 In die vyftigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het P’kagyah, die seun van Menagem, in Shomron koning geword oor Yisra’el; twee jaar lank.
24 Hy het boos gedoen in die oë van יהוה; hy het nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.