20 Toe het Menagem die geld vanuit Yisra’el ingevorder, van al die magtige manne van rykdom, vyftig sikkels silwer van elke man om die koning van Ashur te betaal. So het die koning van Ashur teruggedraai en nie daar in die land gebly nie.
21 Die res van die dade van Menagem en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?
22 Menagem is neergelê by sy vaders en P’kagyah, sy seun, het in sy plek koning geword.
23 In die vyftigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het P’kagyah, die seun van Menagem, in Shomron koning geword oor Yisra’el; twee jaar lank.
24 Hy het boos gedoen in die oë van יהוה; hy het nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.
25 Toe het Pekag, die seun van Remalyahu, sy adjudant, teen hom saamgesweer en hom in Shomron, in die vesting van die koning se huis geslaan, saam met Argov, Aryeh en vyftig man uit die Gil’adiete en hy het hom doodgemaak en in sy plek koning geword.
26 Die res van die dade van P’kagyah en alles wat hy gedoen het, let op, dit is opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’.