26 Die res van die dade van P’kagyah en alles wat hy gedoen het, let op, dit is opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’.
27 In die twee en vyftigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het Pekag, die seun van Remalyahu, in Shomron koning geword oor Yisra’el; twintig jaar lank.
28 Hy het boos gedoen in die oë van יהוה; hy het nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.
29 In die dae van Pekag, koning van Yisra’el, het Tiglat-Pil’eser, koning van Ashur, gekom en `Iyon, Avel-Beit-Ma’akhah, Yanoag, Kedesh, Hatzor, Gil’ad en die Galil ingeneem; die hele land van Naftali en hy het hulle in gevangeskap weggevoer na Ashur.
30 Hoshea, die seun van Elah, het ’n sameswering gesmee teen Pekag, die seun van Remalyah en hom geslaan en doodgemaak en in sy plek koning geword, in die tweede jaar van Yotam, die seun van `Uziyahu.
31 Die res van die dade van Pekag en alles wat hy gedoen het, let op, dit is opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el.’2 Kro 27:1-9
32 In die tweede jaar van Pekag, die seun van Remalyah, koning van Yisra’el, het Yotam, die seun van `Uziyahu, koning van Y’hudah, koning geword.