30 Hoshea, die seun van Elah, het ’n sameswering gesmee teen Pekag, die seun van Remalyah en hom geslaan en doodgemaak en in sy plek koning geword, in die tweede jaar van Yotam, die seun van `Uziyahu.
31 Die res van die dade van Pekag en alles wat hy gedoen het, let op, dit is opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el.’2 Kro 27:1-9
32 In die tweede jaar van Pekag, die seun van Remalyah, koning van Yisra’el, het Yotam, die seun van `Uziyahu, koning van Y’hudah, koning geword.
33 Hy was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir sestien jaar in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Yerusha, die dogter van Tzadok.
34 Hy het gedoen wat reg was in die oë van יהוה; hy het alles gedoen volgens wat sy vader `Uziyahu gedoen het.
35 Net die hoë plekke is nie verwyder nie; die volk het steeds op die hoë plekke geoffer en wierook laat opgaan. Hy het die Boonste Poort van die huis van יהוה gebou.
36 Die res van die dade van Yotam en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?