8 In die agt en dertigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het Z’kharyah, die seun van Yarov’am, koning geword oor Yisra’el in Shomron vir ses maande lank.
9 Hy het boos gedoen in die oë van יהוה, soos sy vaders gedoen het; hy het nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.
10 Toe het Shallum, die seun van Yavesh, saamgesweer teen hom en hom voor die mense geslaan en doodgemaak en in sy plek geheers.
11 Die res van die dade van Z’kharyah, let op, dit is opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’.
12 Dit is die woord van יהוה wat Hy tot Yehu gepraat en gesê het: “Jou seuns tot die vierde geslag sal op die troon van Yisra’el sit,” en dit was so.
13 Shallum, die seun van Yavesh, het in die nege en dertigste jaar van `Uziyah, koning van Y’hudah, koning geword en ’n maand lank in Shomron regeer.
14 Toe het Menagem, die seun van Gadi, vanaf Tirtzah opgegaan en in Shomron gekom en Shallum, die seun van Yavesh, in Shomron geslaan en doodgemaak en in sy plek koning geword.