12 Toe die koning vanaf Dammesek kom, het die koning die altaar gesien; toe het die koning nadergekom na die altaar en opgegaan daarheen
13 en sy brandoffer en sy spysoffer gebrand en sy drankoffer uitgegooi en die bloed van sy vredesoffers op die altaar gesprinkel.
14 Die koper altaar wat voor die Teenwoordigheid van יהוה was, het hy van die voorkant van die huis gebring, van tussen sy altaar en die huis van יהוה uit en dit aan die noordekant van sy altaar gesit.
15 Toe het koning Agaz, Uriyah, die priester, beveel en gesê: “Op die groot altaar moet jy die oggend brandoffer, die aand graanoffer, die koning se brandoffer en sy graanoffer saam met die brandoffer van die hele volk van die land, hulle graanoffer en hulle drankoffers brand en al die bloed van brandoffers en al die bloed van offers daarteen sprinkel, maar die koper altaar sal vir my wees om by navraag te doen.”
16 Uriyah, die priester, het gedoen volgens alles wat koning Agaz beveel het.
17 Toe het koning Agaz die rante van die staanders afgesny en die waskom van hulle af afgehaal; hy het ook die see van die koper beeste af afgehaal wat onder hulle was en dit op ’n klipvloer gesit,
18 asook die bedekking wat hulle vir die Shabbat gebou het in die huis van יהוה en die koning se ingang van buite af het hy weggedraai van die huis van יהוה af uit vrees vir die koning van Ashur.