15 Toe het koning Agaz, Uriyah, die priester, beveel en gesê: “Op die groot altaar moet jy die oggend brandoffer, die aand graanoffer, die koning se brandoffer en sy graanoffer saam met die brandoffer van die hele volk van die land, hulle graanoffer en hulle drankoffers brand en al die bloed van brandoffers en al die bloed van offers daarteen sprinkel, maar die koper altaar sal vir my wees om by navraag te doen.”
16 Uriyah, die priester, het gedoen volgens alles wat koning Agaz beveel het.
17 Toe het koning Agaz die rante van die staanders afgesny en die waskom van hulle af afgehaal; hy het ook die see van die koper beeste af afgehaal wat onder hulle was en dit op ’n klipvloer gesit,
18 asook die bedekking wat hulle vir die Shabbat gebou het in die huis van יהוה en die koning se ingang van buite af het hy weggedraai van die huis van יהוה af uit vrees vir die koning van Ashur.
19 Die res van die dade van Agaz, wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?
20 Agaz is neergelê by sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van Dawid en sy seun Hizkiyahu het in sy plek regeer.