5 Toe het Retzin, koning van Aram en Pekag, die seun van Remalyah, koning van Yisra’el, opgegaan na Yerushalayim om oorlog te maak en hulle het Agaz beleër, maar kon hom nie oorwin nie.
6 In daardie tyd het Retzin, koning van Aram, Eilat aan Aram herstel en die Y’hudahiete heeltemal uit Eilat verdryf en die Arameërs het na Eilat gekom en het daar gaan woon tot vandag toe.
7 Agaz stuur toe boodskappers na Tiglat-Pil’eser, koning van Ashur, om te sê: “Ek is u dienskneg en u seun; kom op en bevry my uit die hand van die koning van Aram en uit die hand van die koning van Yisra’el wat teen my opstaan.
8 Agaz het die silwer en die goud wat in die huis van יהוה en in die skatkamers van die huis van die koning te vinde was, gevat en ’n geskenk aan die koning van Ashur gestuur.
9 Die koning van Ashur het na hom geluister en die koning van Ashur het teen Dammesek opgegaan en dit verower en hulle in gevangeskap weggevoer na Kir en Retzin doodgemaak.
10 Koning Agaz het na Dammesek gegaan om Tiglat-Pil’eser, koning van Ashur, te ontmoet en die altaar gesien wat in Dammesek was. Koning Agaz het vir Uriyah, die priester, die bloudrukplan en ’n model van die altaar gestuur, volgens die vakmanskap daarvan.
11 Uriyah, die priester, het ’n altaar gebou, volgens alles wat koning Agaz uit Dammesek gestuur het, so het Uriyah, die priester dit gemaak, voor die koms van koning Agaz vanuit Dammesek.