11 en daar het hulle wierook gebrand op al die hoë plekke, soos die nasies wat יהוה voor hulle uit weggevoer het, gedoen het en hulle het bose dinge gedoen om יהוה uit te tart.
12 Hulle het afgode gedien, waarvan יהוה vir hulle gesê het: “Julle mag dit nie doen nie.”
13 Tog het יהוה Yisra’el en Y’hudah gewaarsku deur al Sy profete en elke siener en gesê: “Draai weg van julle bose dade en onderhou My opdragte, My instellings, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het en wat Ek vir julle gestuur het deur My diensknegte, die profete.”
14 Nietemin, hulle het nie geluister nie en hul nek styf gemaak soos hulle vaders wat nie op יהוה, hulle God, vertrou het nie.
15 Hulle het Sy instellings en Sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit en Sy waarskuwings waarmee Hy hulle gewaarsku het en agter nietighede aangeloop en nietig geword en agter die nasies aangegaan wat rondom hulle was, van wie יהוה hulle beveel het om nie soos hulle te doen nie.
16 Hulle het al die opdragte van יהוה, hulle God, verlaat en vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak en ’n Asherah en die hele leër van die hemel aanbid en Ba’al gedien.Lev 18:21; Lev 20:2-5 en waarsêery en towery gepraktiseer en hulleself verkoop om boosheid te doen in die oë van יהוה, om Hom uit te tart.
17 Toe het hulle hul seuns en hul dogters deur die vuur laat gaan