13 Tog het יהוה Yisra’el en Y’hudah gewaarsku deur al Sy profete en elke siener en gesê: “Draai weg van julle bose dade en onderhou My opdragte, My instellings, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het en wat Ek vir julle gestuur het deur My diensknegte, die profete.”
14 Nietemin, hulle het nie geluister nie en hul nek styf gemaak soos hulle vaders wat nie op יהוה, hulle God, vertrou het nie.
15 Hulle het Sy instellings en Sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit en Sy waarskuwings waarmee Hy hulle gewaarsku het en agter nietighede aangeloop en nietig geword en agter die nasies aangegaan wat rondom hulle was, van wie יהוה hulle beveel het om nie soos hulle te doen nie.
16 Hulle het al die opdragte van יהוה, hulle God, verlaat en vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak en ’n Asherah en die hele leër van die hemel aanbid en Ba’al gedien.Lev 18:21; Lev 20:2-5 en waarsêery en towery gepraktiseer en hulleself verkoop om boosheid te doen in die oë van יהוה, om Hom uit te tart.
17 Toe het hulle hul seuns en hul dogters deur die vuur laat gaan
18 So het יהוה dan baie kwaad geword vir Yisra’el en hulle van Sy Teenwoordigheid af verwyder; niemand het oorgebly nie behalwe die stam van Y’hudah.
19 Ook Y’hudah het die opdragte van יהוה, hulle God, nie gehou nie, maar geloop in die tradisies wat Yisra’el ingestel het.