20 יהוה het die hele nageslag van Yisra’el verwerp en hulle geteister en hulle in die hand van plunderaars oorgegee totdat Hy hulle uit Sy sig uit weggegooi het.
21 Toe Hy Yisra’el van die huis van Dawid afgeskeur het, het hulle Yarov’am, die seun van N’vat, koning gemaak. Toe het Yarov’am Yisra’el weggedryf daarvan om יהוה te volg en hulle ’n groot sonde laat doen.
22 Die seuns van Yisra’el het geloop in al die sondes van Yarov’am wat hy gedoen het, hulle het daar nie van weggedraai nie2 Kon 13:23; 2 Kon 14:27
23 totdat יהוה Yisra’el voor Sy sig verwyder het soos Hy deur al Sy diensknegte, die profete, gepraat het. Yisra’el is in ballingskap uit sy land weggevoer na Ashur, tot vandag toe.
24 Die koning van Ashur het uit Bavel, uit Kutah, uit `Ava, uit Hamat en S’farvayim mense gebring en laat woon in die stede van Shomron, in die plek van die seuns van Yisra’el. Hulle het Shomron dus in besit geneem en in sy stede gaan woon.
25 Aan die begin van hulle verblyf daar het hulle יהוה nie gevrees nie; daarom het יהוה leeus tussen hulle ingestuur, wat sommige van hulle doodgemaak het.
26 Hulle het met die koning van Ashur gepraat en gesê: “Die nasies wat U weggevoer het na die stede van Shomron, ken nie die gebruike van die God van die land nie; daarom het Hy leeus onder hulle gestuur en let op, dié maak hulle dood omdat hulle nie die gebruike van die God van die land ken nie.