32 totdat ek julle kom haal na ’n land soos julle eie land, ’n land van graan en nuwe wyn, ’n land van brood en wingerde, ’n land van olyfbome en heuning sodat julle mag leef en nie sterwe nie.’ Moet egter nie na Hizkiyahu luister, wanneer hy julle mislei deur te sê: ‘יהוה sal ons bevry,’ nie.
33 Het enige een van die gode van die nasies sy land bevry uit die hand van die koning van Ashur?
34 Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar is die gode van S’farvayim, Hena en ‘Ivah? Het hulle Shomron uit my hand bevry?
35 Wie is daar onder al die gode van die lande wat hulle land uit my hand bevry het dat יהוה Yerushalayim uit my hand sou bevry?”
36 Die manskappe was egter stil en het hom nie ’n woord geantwoord nie, want dit was die bevel van die koning: “Moet hom nie antwoord nie.”
37 Toe het Elyakim, die seun van Hilkiyahu, wat oor die huishouding was, Shevnah, die griffier en Yo’ag, die seun van Asaf, die kanselier, met geskeurde klere by Hizkiyahu gekom en hom die woorde van Rav-Shakeh meegedeel.