1 Toe koning Hizkiyahu dit hoor, het hy sy klere geskeur, hom met ’n roukleed bedek en in die huis van יהוה ingegaan.
2 Daarna stuur hy Elyakim, wat oor die huishouding was en Shevnah, die griffier en die oudstes van die priesters, wat met rouklere bedek is, na die profeet Yesha’yahu, die seun van Amotz.
3 Hulle het vir hom gesê: “So sê Hizkiyahu: ‘Vandag is ’n dag van benoudheid, bestraffing en verwerping, want die kinders het gekom tot by die geboorte, maar daar is geen krag om gebore te word nie.
4 Miskien sal יהוה, u God, al die woorde hoor van Rav-Shakeh wat deur sy meester, die koning van Ashur, gestuur is om die lewende God te onteer en sal Hy die woorde bestraf wat יהוה, u God, gehoor het; bid daarom dan ‘n gebed vir die oorblyfsel wat oor is.’”
5 Die diensknegte van koning Hizkiyahu het by Yesha’yahu gekom,