26 daarom was hulle inwoners kort van krag, hulle was moedeloos en beskaamd; hulle was soos plante van die veld en soos die groen kruie, soos gras op die dakke verbrand word voordat dit opgegroei het,
27 maar Ek ken jou sit en jou uitgaan en jou ingaan en hoe jy teen My raas.
28 As gevolg van jou geraas teen My en omdat jou trotsheid opgekom het in My ore; daarom sal Ek My haak in jou neus sit en My toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het.
29 Dan sal hierdie vir jou die teken wees: julle sal hierdie jaar eet wat vanself groei, in die tweede jaar wat van dieselfde af uitspruit en in die derde jaar, saai, oes, plant wingerde en eet hulle vrugte.
30 Die oorlewendes wat oorgebly het van die huis van Y’hudah sal weer wortel skiet ondertoe en vrugte dra boontoe,
31 want vanuit Yerushalayim sal ’n oorblyfsel uitgaan en oorlewendes vanuit die berg Tziyon. Die ywer van יהוה sal dit doen.
32 יהוה sê daarom so aangaande die koning van Ashur: ‘Hy sal nie by hierdie stad kom of ’n pyl daar skiet nie en hy sal nie met ’n skild voor dit kom of ’n wal teen dit opgooi nie.