1 Dit het gebeur toe יהוה op die punt was om Eliyahu in ’n warrelwind na die hemel op te vat dat Eliyahu saam met Elisha vanaf Gilgal gegaan het.
2 Eliyahu het vir Elisha gesê: “Bly asseblief hier, want יהוה het my sover as Beit-El gestuur.” Elisha het egter gesê: “So waar as יהוה leef en uself leef, ek sal u nie verlaat nie!” Hulle het afgegaan na Beit-El.
3 Toe kom die profete-seuns wat in Beit-El was na Elisha toe uit en vra vir hom: “Weet u dat יהוה vandag u meester, wat oor u is, sal wegvat?” Hy antwoord: “Ja, ek weet; bly stil.”
4 Eliyahu sê vir hom: “Elisha, bly asseblief hier, want יהוה het my na Yerigo gestuur.” Hy het egter gesê: “Sowaar as יהוה leef en uself leef, ek sal u nie verlaat nie!” Hulle het in Yerigo aangekom.