14 Hy het die mantel van Eliyahu gevat wat van hom afgeval het en die water geslaan en gesê: “Waar is יהוה, die God van Eliyahu?” Ook toe hy die water geslaan het, is dit na weerskante verdeel en Elisha het oorgegaan.
15 Toe die profete-seuns wat by Yerigo, oorkant hom was, hom sien, het hulle gesê: “Die gees van Eliyahu rus op Elisha!” Hulle het gekom om hom te ontmoet en voor hom na die grond toe gebuig.
16 Hulle het vir hom gesê: “Let op, daar is by u diensknegte vyftig sterk manne; laat hulle asseblief u meester gaan soek; miskien het die Gees van יהוה hom opgevat en hom op een of ander berg of in ’n sekere vallei gesit.” Hy het gesê: “Julle sal nie stuur nie!”
17 Toe hulle egter aanhou tot hy verleë was, sê hy: “Stuur.” Hulle het daarom vyftig man gestuur en hulle het drie dae lank gesoek, maar hom nie gekry nie.
18 Hulle het na hom toe teruggekom terwyl hy nog in Yerigo bly en hy vra vir hulle: “Het ek nie vir julle gesê nie: ‘Moenie gaan nie?’”
19 Toe het die manne van die stad vir Elisha gesê: “Let op, die ligging van die stad is gunstig, soos my meester sien, maar die water is sleg en die grond onvrugbaar.”
20 Hy het gesê: “Bring vir my ’n nuwe houer en gooi sout daarin.” Hulle het dit na hom toe gebring.