22 Die water is gereinig tot vandag toe volgens die woord van Elisha wat hy gepraat het.
23 Toe het hy daarvandaan opgegaan na Beit-El en terwyl hy met die pad opgaan, kom daar jong seuns uit die stad uit en spot hom en sê: “Gaan op, jou kaalkop! Gaan op, jou kaalkop!”
24 Toe hy agter hom kyk en hulle sien, vervloek hy hulle in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה. Toe kom twee wyfie bere uit die woud uit en verskeur twee en veertig van die seuns.
25 Hy het daarvandaan na die berg Karmel gegaan en van daar af na Shomron teruggegaan.