3 Toe kom die profete-seuns wat in Beit-El was na Elisha toe uit en vra vir hom: “Weet u dat יהוה vandag u meester, wat oor u is, sal wegvat?” Hy antwoord: “Ja, ek weet; bly stil.”
4 Eliyahu sê vir hom: “Elisha, bly asseblief hier, want יהוה het my na Yerigo gestuur.” Hy het egter gesê: “Sowaar as יהוה leef en uself leef, ek sal u nie verlaat nie!” Hulle het in Yerigo aangekom.
5 Die profete-seuns wat in Yerigo was, het na Elisha toe gekom en vir hom gevra: “Weet u dat יהוה vandag u meester, wat oor u is, sal wegvat?” Hy antwoord: “Ja ek weet; bly stil.”
6 Toe sê Eliyahu vir hom: “Bly asseblief hier, want יהוה het my na die Yarden toe gestuur.” Hy sê: “Sowaar as יהוה leef en uself leef, ek sal u nie verlaat nie!” Die twee van hulle het voortgegaan.
7 Vyftig man van die profete-seuns het gegaan en op ’n afstand oorkant hulle gaan staan terwyl hulle twee by die Yarden staan.
8 Eliyahu vat sy mantel en vou dit bymekaar en slaan op die water en dit is na weerskante verdeel sodat hulle twee op droë grond oorgegaan het.
9 Nadat hulle oorgegaan het, sê Eliyahu vir Elisha: “Vra wat ek vir jou moet doen voordat ek van jou af weggevat word.” Elisha antwoord: “Laat asseblief ’n dubbele deel van u gees op my wees.”