7 Vyftig man van die profete-seuns het gegaan en op ’n afstand oorkant hulle gaan staan terwyl hulle twee by die Yarden staan.
8 Eliyahu vat sy mantel en vou dit bymekaar en slaan op die water en dit is na weerskante verdeel sodat hulle twee op droë grond oorgegaan het.
9 Nadat hulle oorgegaan het, sê Eliyahu vir Elisha: “Vra wat ek vir jou moet doen voordat ek van jou af weggevat word.” Elisha antwoord: “Laat asseblief ’n dubbele deel van u gees op my wees.”
10 Hy het gesê: “Jy het ’n harde ding gevra. Nogtans, as jy my sien wanneer ek van jou af weggevat word, sal dit so vir jou wees, maar indien nie, dan sal dit nie wees nie.”
11 Terwyl hulle loop en praat, let op: ’n strydwa van vuur, met perde van vuur, wat skeiding tussen hulle twee maak en Eliyahu het in ’n warrelwind na die hemel opgegaan.
12 Elisha het dit gesien en uitgeroep: “My vader, my vader, die strydwa van Yisra’el en sy ruiters!” Hy het Eliyahu nie meer gesien nie. Toe het hy sy klere gegryp en dit in twee stukke geskeur.
13 Hy het ook die mantel van Eliyahu, wat van hom afgeval het, opgetel en teruggegaan en op die wal van die Yarden gestaan.