17 omdat hulle My verlaat en vir ander gode wierook laat opgaan het, om My met al hul handewerk te tart; daarom sal My wraak brand teen hierdie plek en nie uitgeblus word nie”.’
18 Aan die koning van Y’hudah wat julle gestuur het om יהוה te raadpleeg, moet julle egter só sê: ‘So sê יהוה, God van Yisra’el aangaande die woorde wat jy gehoor het:
19 “Omdat jou hart sag is en jy jou voor die Teenwoordigheid van יהוה verneder het toe jy hoor wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners gesê het: ‘hulle sal ’n verlatenheid en vervloeking word’ en jy jou klere geskeur en voor My Teenwoordigheid gehuil het, het Ék jou waarlik gehoor,” sê יהוה.’
20 Let daarom op, Ek sal jou by jou vaders versamel en jy sal met vrede in jou graf versamel word en jou oë sal nie al die boosheid sien wat Ek oor hierdie plek bring nie.” Hulle het woord aan die koning teruggebring.