1 Toe het die koning gestuur en hulle het al die oudstes van Y’hudah en Yerushalayim by hom versamel.
2 Die koning het opgegaan na die huis van יהוה en al die manne van Y’hudah en al die inwoners van Yerushalayim saam met hom en die priesters en die profete en al die mense, beide klein en groot en hy het al die woorde van die boek van die verbond, wat in die huis van יהוה gevind is, ten aanhore gelees.
3 Die koning het by die pilaar gestaan en ’n verbond in die Teenwoordigheid van יהוה gesluit om יהוה te volg, Sy opdragte, Sy getuienisse en Sy instellings met sy hele verstand, wil en emosie en sy hele lewe te onderhou en om die woorde van hierdie verbond wat in hierdie boek geskryf is, uit te voer en al die mense het ingetree in die verbond.
4 Toe beveel die koning vir Hilkiyahu, die hoofpriester, die priesters van die tweede rang en die deurwagters om al die voorwerpe uit die tempel van יהוה te bring wat gemaak is vir Ba’al, vir Asherah en vir die hele leër van die hemel en hy het dit buitekant Yerushalayim in die velde van Kidron verbrand en hulle as na Beit-El gedra.