10 Hy het Tofet, wat in die Ben-Hinnom vallei was, ook onteer sodat niemand sy seun of sy dogter vir Molekh deur die vuur sou laat gaan nie.
11 Hy het weggedoen met die perde wat die konings van Y’hudah aan die son gegee het, by die ingang van die huis van יהוה, by die kamer van N’tan-Melekh, die amptenaar, wat in die omgewing was en hy het die waens van die son met vuur verbrand.Deut 18:10; Deut 16:21
12 Die altare wat op die dak, die bo-kamer van Agaz, was, wat die konings van Y’hudah gemaak het en die altare wat M’nasheh in die twee howe van die huis van יהוה gemaak het, het die koning afgebreek en dit daar verbrysel en hulle stof in die Kidronspruit gegooi.
13 Die hoë plekke wat voor Yerushalayim was, regs van die Berg van Vernietiging, wat Shlomo, die koning van Yisra’el, vir `Ashtoret, die gruwel van die Tzidoniërs, vir K’mosh, die gruwel van Mo’av en vir Milkom, die gruwel van die seuns van `Ammon, gebou het, het die koning onteer.
14 Hy het die klippilare in stukkies gebreek, die Asherah afgekap en hulle plek met mensbene opgevul.
15 Verder, die altaar wat by Beit-El was en die hoë plek wat Yarov’am, die seun van N’vat, wat Yisra’el laat sondig het, gebou het; ook daardie altaar en die hoë plek het hy afgebreek. Toe het hy sy klippe afgebreek, tot stof gemaal en die Asherah verbrand.1 Kon 13:1,2
16 Toe Yoshiyahu omdraai, sien hy die grafte wat daar op die berg was en hy het die bene uit die grafte laat haal en op die altaar verbrand en dit onteer, volgens die woord van יהוה wat verklaar is deur die man van God wat hierdie woorde uitgeroep het.1 Kon 13:30-32