19 Yoshiyahu het ook al die huise van die hoë plekke wat in die stede van Shomron was, wat die konings van Yisra’el gebou het om יהוה te tart, verwyder en daarmee gedoen net soos hy in Beit-El gedoen het.
20 Al die priesters van die hoë plekke wat daar was, het hy op die altare doodgemaak en mensbene daarop gebrand. Toe het hy na Yerushalayim teruggegaan.
21 Toe het die koning al die mense beveel en gesê: “Vier Pesag vir יהוה, julle God, soos geskrywe is in hierdie boek van die verbond.”
22 Daar is sekerlik nie so ’n Pesag gevier vanaf die dae van die Rigters, wat Yisra’el gerig het, of gedurende al die dae van die konings van Yisra’el en die konings van Y’hudah nie,2 Kro 35:1-19
23 maar in die agttiende jaar van koning Yoshiyahu is hierdie Pesag tot יהוה in Yerushalayim gehou.
24 Yoshiyahu het verder ook die mediums, die spiritiste, die huisgode en die afgode en al die gruwels wat in die land van Y’hudah en in Yerushalayim te sien was, verwyder, om die woorde van die wet te bevestig wat geskryf is in die boek wat Hilkiyahu, die priester, in die huis van יהוה gekry het.
25 Voor hom was daar geen koning soos hy, wat met sy hele gees, verstand, wil en emosie en met al sy krag omgedraai het na יהוה volgens die hele wet van Moshe nie en ook het nie een ná hom soos hy opgestaan nie.