26 Nogtans het יהוה nie weggedraai van die ernstigheid van Sy groot toorn waarmee Sy woede teen Y’hudah gebrand het oor al die tartinge waarmee M’nasheh Hom getart het nie.
27 יהוה het gesê: “Ek sal Y’hudah ook uit My sig verwyder soos Ek Yisra’el verwyder het en Ek sal hierdie stad Yerushalayim verwerp wat Ek gekies het en die huis waarvan Ek gesê het: ‘My Karakter en Outoriteit (Naam) sal daar wees.’”
28 Die res van die dade van Yoshiyahu en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?
29 In sy dae het Farao N’khoh, koning van Mitzrayim, teen die koning van Ashur opgegaan na die Eufraatrivier en koning Yoshiyahu het hom tegemoet gegaan en toe hy hom sien, het hy vir Yoshiyahu gedood by Megiddo.
30 Sy diensknegte het sy liggaam in ’n strydwa vanaf Megiddo gery en hom na Yerushalayim gebring en hom in sy eie graf begrawe. Toe het die mense van die land vir Y’ho’agaz, die seun van Yoshiyahu, gevat, hom gesalf en hom in die plek van sy vader koning gemaak.2 Kro 36:1-4
31 Y’ho’agaz was drie en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het drie maande lank in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Hamutal, die dogter van Yirmeyahu, van Livnah.
32 Hy het boos gedoen in die oë van יהוה, volgens alles wat sy vaders gedoen het.