7 Hy het ook die huise van kultusprostitute afgebreek wat in die huis van יהוה was, waar die vroue behangsels geweef het vir die Asherah.
8 Toe het hy al die priesters uit die stede van Y’hudah laat kom en die hoë plekke onteer waarop die priesters wierook gebrand het, van Geba af tot by Be’er-Sh’va en die hoë plekke van die poorte afgebreek, wat by die ingang van die poort van Y’hoshua, die goewerneur van die stad, aan ’n mens se linkerhand by die stadspoort, was.
9 Nogtans het die priesters van die hoë plekke nie opgegaan na die altaar van יהוה in Yerushalayim nie, maar hulle het ongesuurde brode tussen hulle broers geëet.Deut 18:10; Deut 16:21
10 Hy het Tofet, wat in die Ben-Hinnom vallei was, ook onteer sodat niemand sy seun of sy dogter vir Molekh deur die vuur sou laat gaan nie.
11 Hy het weggedoen met die perde wat die konings van Y’hudah aan die son gegee het, by die ingang van die huis van יהוה, by die kamer van N’tan-Melekh, die amptenaar, wat in die omgewing was en hy het die waens van die son met vuur verbrand.Deut 18:10; Deut 16:21
12 Die altare wat op die dak, die bo-kamer van Agaz, was, wat die konings van Y’hudah gemaak het en die altare wat M’nasheh in die twee howe van die huis van יהוה gemaak het, het die koning afgebreek en dit daar verbrysel en hulle stof in die Kidronspruit gegooi.
13 Die hoë plekke wat voor Yerushalayim was, regs van die Berg van Vernietiging, wat Shlomo, die koning van Yisra’el, vir `Ashtoret, die gruwel van die Tzidoniërs, vir K’mosh, die gruwel van Mo’av en vir Milkom, die gruwel van die seuns van `Ammon, gebou het, het die koning onteer.