1 In sy dae het N’vukhadnetzar, koning van Bavel, opgegaan en Y’hoyakim het vir drie jaar lank sy dienskneg geword; toe het hy omgedraai en teen hom gerebelleer.
2 יהוה het die bendes van die Kasdeërs, bendes van die Arameërs, bendes van die Mo’aviete en die bendes van die `Ammoniete teen hom gestuur. Hy het hulle teen Y’hudah gestuur om dit te vernietig volgens die woord van יהוה wat Hy deur Sy knegte, die profete, gepraat het.
3 Sekerlik het dit volgens die bevel van יהוה oor Y’hudah gekom, om hulle van Sy Teenwoordigheid te verwyder vanweë die sondes van M’nasheh, volgens alles wat hy gedoen het;
4 asook vir die onskuldige bloed wat hy vergiet het sodat hy Yerushalayim met onskuldige bloed gevul het en יהוה wou nie vergewe nie.
5 Die res van die dade van Y’hoyakim en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?
6 Y’hoyakim is neergelê by sy vaders en sy seun Y’hoyakhin het in sy plek koning geword.