4 asook vir die onskuldige bloed wat hy vergiet het sodat hy Yerushalayim met onskuldige bloed gevul het en יהוה wou nie vergewe nie.
5 Die res van die dade van Y’hoyakim en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?
6 Y’hoyakim is neergelê by sy vaders en sy seun Y’hoyakhin het in sy plek koning geword.
7 Die koning van Mitzrayim het nie weer uit sy land uitgekom nie, want die koning van Bavel het alles gevat wat aan die koning van Mitzrayim behoort het, vanaf die spruit van Mitzrayim tot by die Eufraatrivier.2 Kro 36:9-10
8 Y’hoyakhin was agttien jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir drie maande in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was N’gushta, die dogter van Elnatan, van Yerushalayim.
9 Hy het boos gedoen in die oë van יהוה, volgens alles wat sy vader gedoen het.
10 In dié tyd het die diensknegte van N’vukhadnetzar, koning van Bavel, na Yerushalayim opgegaan en die stad is beleër.