1 Y’horam, die seun van Ag’av, het koning geword oor Yisra’el in Shomron in die agttiende jaar van Y’hoshafat, koning van Y’hudah en hy het twaalf jaar regeer.Deut 16:22
2 Hy het boos gedoen in die oë van יהוה, alhoewel nie soos sy vader en sy moeder nie, want hy het die pilaar van Ba’al verwyder wat sy vader gemaak het.
3 Nogtans het hy vasgehou aan die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het; hy het nie van hulle afgewyk nie.
4 Mesha, die koning van Mo’av, was ’n skaapboer en het aan die koning van Yisra’el ’n honderd duisend lammers en ’n honderd duisend ramme se wol betaal.
5 Toe Ag’av gesterf het, het die koning van Mo’av egter teen die koning van Yisra’el rebelleer.
6 Koning Y’horam het in daardie tyd uit Shomron uitgegaan en die hele Yisra’el opgeroep.
7 Toe het hy woord gestuur na Y’hoshafat, koning van Y’hudah, en gesê: “Die koning van Mo’av het teen my gerebelleer. Sal u saam met my teen Mo’av gaan veg?” Hy antwoord: “Ek sal opgaan; ek is soos u is, my volk soos u volk, my perde soos u perde.”