13 Elisha het vir die koning van Yisra’el gesê: “Wat het ek met u te doen? Gaan na die profete van u vader en die profete van u moeder!” Die koning van Yisra’el antwoord hom: “Nee, want יהוה het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van Mo’av te gee.”
14 Elisha sê: “So waar as יהוה-Tzva’ot leef voor wie se Teenwoordigheid ek staan, as dit nie was dat ek die teenwoordigheid van Y’hoshafat, die koning van Y’hudah, geag het nie, sou ek nie na u gekyk of u raakgesien het nie,
15 maar bring nou vir my ’n musikant.” Dit het gebeur toe die musikant speel dat die hand van יהוה op hom gekom het.
16 Hy het gesê: “So sê יהוה: ‘Maak hierdie vallei vol slote,’
17 want so sê יהוה: ‘Julle sal geen wind of reën sien nie; tog sal hierdie vallei gevul word met water sodat julle sal drink, beide julle, julle beeste en julle ander diere.
18 Hierdie is maar ’n geringe ding in die oë van יהוה; Hy sal ook die Mo’aviete in julle hand gee.
19 Dan moet julle elke versterkte stad en elke uitgesoekte stad slaan en elke goeie boom afkap, al die waterfonteine toestop en elke goeie stuk grond met klippe bederf.’”