14 Elisha sê: “So waar as יהוה-Tzva’ot leef voor wie se Teenwoordigheid ek staan, as dit nie was dat ek die teenwoordigheid van Y’hoshafat, die koning van Y’hudah, geag het nie, sou ek nie na u gekyk of u raakgesien het nie,
15 maar bring nou vir my ’n musikant.” Dit het gebeur toe die musikant speel dat die hand van יהוה op hom gekom het.
16 Hy het gesê: “So sê יהוה: ‘Maak hierdie vallei vol slote,’
17 want so sê יהוה: ‘Julle sal geen wind of reën sien nie; tog sal hierdie vallei gevul word met water sodat julle sal drink, beide julle, julle beeste en julle ander diere.
18 Hierdie is maar ’n geringe ding in die oë van יהוה; Hy sal ook die Mo’aviete in julle hand gee.
19 Dan moet julle elke versterkte stad en elke uitgesoekte stad slaan en elke goeie boom afkap, al die waterfonteine toestop en elke goeie stuk grond met klippe bederf.’”
20 Dit het die volgende oggend omtrent die tyd dat hulle die offer bring, gebeur dat, let op, water van die kant van Edom af kom en die land is gevul met water.