23 Toe sê hulle: “Dit is bloed; die konings het sekerlik teen mekaar baklei en die een het die ander neergeslaan. Nou, daarom, Mo’av na die buit!”
24 Toe hulle egter by die kamp van Yisra’el kom, het die Yisra’eliete opgestaan en die Mo’aviete verslaan sodat hulle voor hul gevlug het en hulle het vorentoe gegaan, in die land in en die Mo’aviete neergeslaan.
25 So het hulle die stede vernietig en elkeen het op elke goeie stuk grond ’n klip gegooi en dit vol gemaak. So het hulle elke waterfontein toegestop en elke goeie boom afgekap totdat hulle in Kir-Hareset die mure gelos het; die slingeraars het egter om dit gegaan en dit getref.
26 Toe die koning van Mo’av sien dat die geveg vir hom te swaar is, het hy sewe honderd man wat die swaard uittrek, saam met hom gevat om na die koning van Edom deur te breek, maar hulle kon nie.
27 Toe vat hy sy eersgebore seun, wat in sy plek moes heers en offer hom as brandoffer op die muur. Daar het ’n groot toorn teen Yisra’el gekom en hulle het van hom af weggetrek en na hulle land teruggekeer.