5 Toe Ag’av gesterf het, het die koning van Mo’av egter teen die koning van Yisra’el rebelleer.
6 Koning Y’horam het in daardie tyd uit Shomron uitgegaan en die hele Yisra’el opgeroep.
7 Toe het hy woord gestuur na Y’hoshafat, koning van Y’hudah, en gesê: “Die koning van Mo’av het teen my gerebelleer. Sal u saam met my teen Mo’av gaan veg?” Hy antwoord: “Ek sal opgaan; ek is soos u is, my volk soos u volk, my perde soos u perde.”
8 Hy vra: “Met watter pad sal ons opgaan?” Hy antwoord: “Die pad van die wildernis van Edom.”
9 So het die koning van Yisra’el saam met die koning van Y’hudah en die koning van Edom gegaan en hulle het ’n roete van sewe dae gereis en daar was geen water vir die leër of vir die beeste wat hulle gevolg het nie.
10 Toe sê die koning van Yisra’el: “Helaas, יהוה het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van Mo’av te gee!”
11 Y’hoshafat vra egter: “Is hier nie ’n profeet van יהוה dat ons deur hom by יהוה navraag kan doen nie?” Een van die koning van Yisra’el se diensknegte antwoord en sê: “Elisha, die seun van Shafat, wat water op die hande van Eliyahu gegooi het, (hom gedien het) is hier.”