1 Na’aman, die bevelvoerder van die leër van die koning van Aram, was ’n groot man voor sy meester en hoogs gerespekteerd, want deur hom het יהוה aan die Arameërs oorwinning gegee. Die man was ook ’n dapper soldaat, maar melaats.
2 Die Arameërs het in bendes uitgegaan en ’n klein meisie uit die land van Yisra’el gevange weggevoer; sy het Na’aman se vrou bedien.
3 Sy het vir haar meesteres gesê: “Ek wens my meester was by die profeet wat in Shomron is, dan sou hy hom van sy melaatsheid genees.
4 Na’aman het ingegaan en vir sy meester vertel en gesê: “So en so het die meisie gesê wat uit die land van Yisra’el is.