14 Hy het afgegaan en homself sewe maal in die Yarden gewas volgens die woord van die man van God en sy vlees is herstel soos die vlees van ’n jong seun en hy was rein.
15 Toe hy terugkom by die man van God met sy hele gevolg, het hy gekom en voor hom gaan staan en gesê: “Let op, nou weet ek dat daar geen God op die hele aarde is nie, behalwe in Yisra’el; vat asseblief nou ’n geskenk vanaf u dienskneg.”
16 Hy sê egter: “Sowaar as יהוה leef voor wie ek staan, ek sal niks vat nie!” Hy het by hom aangedring om dit te vat, maar hy het geweier.
17 Na’aman het gesê: “Indien nie, laat daar asseblief twee muilvragte grond vir my gegee word, want u dienskneg sal nie langer brandoffers offer, of aan ander gode offer nie, maar net aan יהוה.
18 Mag יהוה in hierdie saak u dienskneg vergewe: wanneer my meester in die huis van Rimmon ingaan om hom daar neer te buig terwyl hy op my hand leun en ek my in die huis van Rimmon neerbuig; wanneer ek my neerbuig in die huis van Rimmon, mag יהוה u dienskneg in hierdie saak vergewe.”
19 Hy sê vir hom: “Gaan in vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid!” Hy het ’n ent van hom af weggegaan,
20 maar Geigazi, die dienaar van Elisha, die man van God, het gedink: “Let op, my meester het hierdie Na’aman, die Arameër, gespaar deur nie uit sy hand aan te neem wat hy gebring het nie. So waar as יהוה leef, ek sal agter hom aan hardloop en iets van hom af vat.”