17 Toe het Elisha gebid en gesê: “יהוה, ek bid, maak sy oë oop sodat hy kan sien.” יהוה het die dienskneg se oë oopgemaak en hy het gesien en let op, die berg was vol perde en strydwaens van vuur reg rondom Elisha.
18 Toe hulle na hom toe afkom, het Elisha tot יהוה gebid en gesê: “Ek bid, slaan hierdie mense met blindheid.” Hy het hulle volgens die woord van Elisha met blindheid geslaan.
19 Toe sê Elisha vir hulle: “Dit is nie die pad nie en ook nie die stad nie; volg my en ek sal julle na die man toe bring wat julle soek.” Hy het hulle na Shomron gebring.
20 Toe hulle Shomron ingekom het, sê Elisha: “יהוה, maak hulle oë oop sodat hulle kan sien.” יהוה het hulle oë oopgemaak en hulle het gesien en let op, hulle was binne-in Shomron!
21 Toe hy hulle sien, vra die koning van Yisra’el vir Elisha: “My vader, moet ek hulle doodmaak? Moet ek hulle doodmaak?”
22 Hy antwoord: “U mag nie doodmaak nie. Sou u hulle doodmaak wat u met u swaard en u boog as gevangenes weggevoer het? Sit aan hulle brood en water voor sodat hulle kan eet en drink en na hulle meester toe gaan.”
23 Hy het ’n groot fees vir hulle voorberei en nadat hulle geëet en gedrink het, stuur hy hulle weg en hulle het na hul meester gegaan. Die plunderende bendes van die Arameërs het nie weer in die land van Yisra’el ingekom nie.