5 maar terwyl een ’n balk kap, val die bylkop in die water en hy roep uit en sê: “Ag, my meester, dit was geleen!”
6 Toe vra die man van God: “Waar het dit geval?” Toe hy hom die plek wys, het hy ’n stok afgesny en dit daar gegooi en die yster bo laat dryf.
7 Hy het gesê: “Haal dit self uit!” Hy het sy hand uitgesteek en dit gevat.
8 Die koning van Aram het oorlog gevoer teen Yisra’el en hy het met sy diensknegte beraadslaag en gesê: “Op dié en dié plek sal my kamp wees.”
9 Die man van God het die koning van Yisra’el laat weet: “Pas op dat u nie deur daardie plek trek nie, want die Arameërs kom daar deur.”
10 Die koning van Yisra’el het na die plek gestuur waaroor die man van God met hom gepraat het; so het hy hom meer as een of twee keer gewaarsku sodat hy daar op sy hoede was.
11 Die verstand, wil en emosie van die koning van Aram was briesend hieroor en hy roep sy diensknegte en sê vir hulle: “Kan julle my vertel wie van ons vir die koning van Yisra’el is?”