7 Hy het gesê: “Haal dit self uit!” Hy het sy hand uitgesteek en dit gevat.
8 Die koning van Aram het oorlog gevoer teen Yisra’el en hy het met sy diensknegte beraadslaag en gesê: “Op dié en dié plek sal my kamp wees.”
9 Die man van God het die koning van Yisra’el laat weet: “Pas op dat u nie deur daardie plek trek nie, want die Arameërs kom daar deur.”
10 Die koning van Yisra’el het na die plek gestuur waaroor die man van God met hom gepraat het; so het hy hom meer as een of twee keer gewaarsku sodat hy daar op sy hoede was.
11 Die verstand, wil en emosie van die koning van Aram was briesend hieroor en hy roep sy diensknegte en sê vir hulle: “Kan julle my vertel wie van ons vir die koning van Yisra’el is?”
12 Een van sy diensknegte antwoord: “Nee, my meester, o koning, Elisha, die profeet wat in Yisra’el is, vertel aan die koning van Yisra’el die woorde wat u in u slaapkamer praat.”
13 Hy het gesê: “Gaan kyk waar hy is sodat ek kan stuur en hom laat vang.” Dit is vir hom vertel en gesê: “Let op, hy is in Dotan.”