11 Die poortwagters het geroep en dit in die huishouding van die koning vertel.
12 Toe staan die koning in die nag op en sê vir sy diensknegte: “Ek sal julle nou vertel wat die Arameërs aan ons gedoen het. Hulle weet dat ons honger is; daarom het hulle uit die kamp gegaan om hulleself in die veld weg te steek en gesê: ‘Wanneer hulle uit die stad uitgaan, sal ons hulle lewendig vang en in die stad inkom.’”
13 Een van sy diensknegte antwoord: “Asseblief, laat sommige mans vyf van die perde wat oorgebly het in die stad vat. As hulle gevang sou word, laat hulle as ’n verlies beskou word soos die hele leër van Yisra’el wat omgekom het; laat ons daarom stuur en sien.”
14 Hulle vat daarom twee strydwaens met perde en die koning het agter die leër van die Arameërs aan gestuur en gesê: “Gaan en kyk.”
15 Hulle het agter hulle aan gegaan tot by die Yarden en let op, die hele pad was vol klere en toerusting wat die Arameërs in hulle haas weggegooi het. Toe draai die boodskappers om en vertel die koning.
16 Die mense het uitgegaan om die kamp van die Arameërs te plunder en ’n maat fyn meel het ’n sikkel gekos en twee mate gars ’n sikkel, volgens die woord van יהוה.
17 Die koning het die adjudant op wie se hand hy geleun het, oor die poort aangestel, maar die mense het hom in die poort vertrap en hy het gesterf net soos die man van God, wat gepraat het toe die koning na hom toe afgekom het, gesê het.