13 Toe sê Haza’el: “Wat is u dienskneg, ’n hond, dat hy hierdie groot ding sou doen?” Elisha antwoord: “יהוה het my gewys dat jy koning oor Aram sal wees.”
14 Hy het van Elisha af weggegaan en na sy meester teruggegaan, wat vir hom vra: “Wat het Elisha vir jou gesê?” Hy antwoord: “Hy het vir my gesê dat U sekerlik sal herstel.”
15 Die volgende dag het hy die bedsprei gevat en dit in water gedoop en oor sy gesig uitgesprei sodat hy gesterf het en Haza’el het koning geword in sy plek.2 Kro 21:1-20
16 In die vyfde jaar van Y’horam, die seun van Ag’av, koning van Yisra’el, Y’hoshafat was toe koning van Y’hudah, het Y’horam, die seun van Y’hoshafat, koning van Y’hudah, koning geword.
17 Hy was twee en dertig jaar oud toe hy koning geword het en hy het agt jaar lank in Yerushalayim geheers.
18 Hy het geloop op die pad van die konings van Yisra’el, net soos die huis van Ag’av gedoen het, want die dogter van Ag’av het sy vrou geword en hy het gedoen wat boos was in die oë van יהוה.
19 Tog wou יהוה Y’hudah nie vernietig nie, ter wille van Dawid, Sy dienskneg, aangesien Hy hom belowe het om altyd vir hom ’n lamp deur sy seuns te gee.