1 Elisha, die profeet, het een van die profete-seuns geroep en vir hom gesê: “Gordel vas jou heupe en neem hierdie kruik met olie in jou hand en gaan na RamotGil’ad.
2 Wanneer jy daar kom, soek vir Yehu, die seun van Y’hoshafat, die seun van Nimshi en gaan in en laat hom opstaan onder sy broers uit en bring hom na ’n binnekamer.
3 Vat dan die kruik met olie en giet dit op sy kop uit en sê: “So sê יהוה: ‘Ek het jou gesalf as koning oor Yisra’el.’ Maak dan die deur oop, vlug en moenie wag nie.”
4 Die jongman, die dienskneg van die profeet, het na Ramot-Gil’ad gegaan.