17 Die wag het op die toring in Yizre’el gestaan en die geselskap van Yehu gesien soos hy aankom en gesê: “Ek sien ’n geselskap.” Y’horam sê: “Vat ’n ruiter en stuur hulle tegemoet en laat hom vra: ‘Is dit vrede?’”
18 ’n Perderuiter het hom tegemoet gegaan en gesê: “So vra die koning: ‘Is dit vrede?’” Yehu antwoord: “Wat het jy met vrede te doen? Draai in agter my!” Die wag het rapporteer: “Die boodskapper het by hulle gekom, maar hy het nie teruggekom nie.”
19 Toe stuur hy ’n tweede perderuiter, wat by hulle kom en sê: “So vra die koning: ‘Is dit vrede?’” Yehu antwoord: “Wat het jy met vrede te doen? Draai in agter my!”
20 Die wag het gerapporteer: “Hy het tot by hulle gekom en hy kom nie terug nie en die ry is soos die ry van Yehu, die seun van Nimshi, want hy ry verwoed.”
21 Toe sê Y’horam: “Maak gereed.” Hulle het sy strydwa gereed gemaak. Y’horam, koning van Yisra’el en Agazyah, koning van Y’hudah, het uitgegaan, elkeen op sy strydwa en hulle het uitgegaan om Yehu te ontmoet en hom gekry op die stuk grond van Navot, die Yizre’eliet.
22 Toe Y’horam vir Yehu sien, sê hy: “Is dit vrede, Yehu?” Hy antwoord: “Watter vrede, solank as wat die hoereerderye van jou moeder Izevel en haar toorderye so baie is?”
23 Y’horam het omgeswaai en gevlug en vir Agazyah gesê: “Verraad, Agazyah!”