23 Y’horam het omgeswaai en gevlug en vir Agazyah gesê: “Verraad, Agazyah!”
24 Yehu het sy boog met sy volle sterkte gespan en Y’horam tussen sy arms geskiet; die pyl het deur sy hart gegaan en hy het in sy wa inmekaargesak.
25 Toe sê hy vir Bidkar, sy offisier: “Tel hom op, gooi hom op die stuk grond van Navot, die Yizre’eliet, want ek onthou toe ek en jy saam agter sy vader Ag’av gery het dat יהוה hierdie uitspraak oor hom gegee het:1 Kon 21:19-29
26 ‘Ek het sekerlik gister die bloed van Navot en die bloed van sy seuns gesien, sê יהוה en Ek sal jou op hierdie stuk grond terugbetaal, sê יהוה.’ Tel hom dan nou op en gooi hom op die stuk grond volgens die woord van יהוה.
27 Toe Agazyah, koning van Y’hudah, dit sien, het hy gevlug op die pad na Beit-HaGan. Yehu het hom ook agtervolg en gesê: “Skiet hom ook in die strydwa!” Hulle het hom geskiet by die hoogte van Gur by Yivle’am, maar hy het na Megiddo gevlug en daar gesterf.
28 Sy diensknegte het hom toe in ’n strydwa na Yerushalayim gevat en hom in sy graf by sy vaders begrawe in die stad van Dawid.
29 In die elfde jaar van Y’horam, die seun van Ag’av, het Agazyah koning oor Y’hudah geword.