21 Hy antwoord: ‘Ek sal uitgaan en ’n leuengees wees in die mond van al sy profete.’ יהוה sê: ‘Jy sal hom uitlok en ook oorwin; gaan uit en doen volgens wat jy gesê het.’
22 Nou, daarom, let op, יהוה het ’n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee terwyl יהוה onheil oor u verklaar het.”
23 Toe het Tzidkiyah, die seun van ’n Kena’anitiese vrou, nader gekom en vir Mikhay’hu op sy wang geslaan en gesê: “Van wanneer af het die Gees van יהוה van my af weggegaan om met jou te praat?”
24 Mikhay’hu antwoord: “Let op, jy sal dit sien op dieselfde dag wat jy in die binneste kamer ingaan om weg te kruip.”1 Kon 22:26
25 Toe sê die koning van Yisra’el: “Vat vir Mikhay’hu en hou hom in die huis van Amon, die goewerneur van die stad en in die huis van Yo’ash, die seun van die koning
26 en sê: ‘So sê die koning: “Sit hierdie man in die gevangenis en voer hom met brood en water van verdrukking (spaarsamig) totdat ek in vrede terugkom.”
27 Mikhay’hu sê: “As u sekerlik veilig terugkom, dan het יהוה nie deur my gepraat nie.” Verder sê hy: “Luister, al julle mense!”