1 daarom moet jy יהוה, jou God, liefhê en altyd Sy bevele, Sy reëls, Sy wette en Sy opdragte uitvoer.
2 Weet vandag dat ek nie met julle seuns praat wat nie die dissipline van יהוה, julle God, geken en gesien het nie: Sy grootheid, Sy kragtige hand, Sy uitgestrekte arm,
3 Sy tekens en Sy dade wat Hy in Mitzrayim gedoen het aan Farao, die koning van Mitzrayim en aan sy hele land;
4 wat Hy gedoen het aan die leër van Mitzrayim, aan sy perde en aan sy strydwaens; hoe Hy die water van die Sufsee oor hulle laat stroom het terwyl hulle julle agtervolg het en יהוה hulle heeltemal vernietig het;
5 wat Hy vir julle in die wildernis gedoen het om te kom tot op hierdie plek;
6 wat Hy aan Datan en Aviram, die seuns van Eli’av, die seun van Re’uven, gedoen het: hoe die aarde sy mond oopgemaak en hulle saam met hul huisgesinne, hul tente en alles aan hulle voete, tussen die hele Yisra’el uit, ingesluk het,