1 Wanneer יהוה, jou God, die nasies afsny wie se land יהוה, jou God, jou gee en jy hulle onteien het en in hulle stede en in hulle huise bly,
2 moet jy vir jou drie stede opsy sit in jou land wat יהוה, jou God, jou gee om te besit.
3 Jy moet vir jouself paaie voorberei en jou grondgebied wat יהוה, jou God, jou as besitting gee, in drie dele verdeel sodat elkeen wat manslag begaan het, daarheen kan vlug.
4 Dit is die saak vir hom wat manslag begaan het, wat daarheen vlug sodat hy kan lewe: hy wat sy vriend sonder opset doodslaan terwyl hy hom in die verlede nie gehaat het nie;
5 soos byvoorbeeld hy wat saam met sy vriend in die bos ingaan om hout te kap en sy hand swaai met die byl om die boom af te kap en die yster glip van die steel af en tref sy naaste sodat hy sterf; hy moet na een van hierdie stede vlug om te bly lewe;
6 anders agtervolg die bloedwreker hom wat manslag begaan het en haal hom in omdat die pad lank is en slaan hom dood terwyl sy emosie warm is terwyl hy die dood nie verdien het nie omdat hy hom van gister en eergister af nie gehaat het nie.
7 Ek gee daarom aan jou bevel en sê: ‘Jy moet vir jou drie stede afsonder.’
8 As יהוה, jou God, jou grondgebied vergroot, soos Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het en jou die hele land gee wat Hy beloof het om aan jou vaders te gee,
9 as jy versigtig al hierdie opdragte uitvoer wat ek jou vandag beveel om te doen, om יהוה, jou God, lief te hê en altyd op sy paaie te loop; dan moet jy vir jou nog drie stede byvoeg bo en behalwe hierdie drie
10 sodat geen onskuldige bloed vergiet word binne-in jou land wat יהוה, jou God, jou as besitting gee en skuld vir bloedvergieting op jou kom nie,
11 maar as daar ’n man is wat sy naaste haat en hom voorlê en teen hom opstaan en hom slaan sodat hy sterf en hy na een van hierdie stede vlug,
12 dan moet die oudstes van sy stad stuur en hom daarvandaan laat haal en hulle moet hom in die hand van die bloedwreker oorgee sodat hy kan sterf.
13 Jou oog mag hom nie jammer kry nie, maar jy moet hom doodmaak en die skuld van onskuldige bloedvergieting uit Yisra’el verwyder dat dit met jou goed kan gaan.
14 Jy mag nie jou naaste se landsgrense skuif wat deur die voorvaders getrek is, in jou erfenis wat jy sal erf in die land wat יהוה, jou God, jou gee om te besit nie.Mat 18:16; Yog 8:17; 2 Kor 13:1; 1 Tim 5:19; Heb 10:28
15 ’n Enkel getuie mag nie teen iemand opstaan insake enige oortreding of enige sonde wat hy begaan het nie; deur die getuienis van twee of drie getuies sal ’n saak vasgestel word.
16 As ’n kwaadwillige getuie teen iemand opstaan om hom te beskuldig dat hy verkeerd gedoen het,
17 dan moet die twee manne wat die verskil het, gaan staan voor die Teenwoordigheid van יהוה, voor die priesters en die regters wat aangestel is in dié dae.
18 Die regters moet deeglik ondersoek instel en as die getuie ’n valse getuie is en vals teen sy broer getuig het,1 Kor 5:13
19 dan moet julle met hom doen soos hy gedink het om met sy broer te doen; so sal jy die bose uit jou midde uitroei.
20 Die ander sal hoor en bang wees en sal nooit weer so ’n boosheid onder julle doen nie.Eks 21:24; Mat 5:38
21 Jou oog mag nie jammer kry nie: lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet.Yir 1:17