10 want die land waar jy ingaan om dit te besit, is nie soos die land van Mitzrayim waaruit julle gekom het nie, waar jy jou saad gesaai en per voet, soos in ’n groentetuin, natgelei het, nie,
11 maar die land waarheen julle oortrek, om dit te besit, is ’n land van heuwels en valleie wat van die reën van die hemel water drink;
12 ’n land waarvoor יהוה, jou God, sorg; die oë van יהוה, jou God, is altyddeur daarop, van die begin van die jaar af tot die einde van die jaar toe.
13 Dit sal wees, as julle aandag gee om My opdragte, wat Ek julle vandag beveel, te gehoorsaam: om יהוה, julle God, lief te hê en Hom te dien met julle hele verstand, wil en emosie en met julle hele gees en lewe,
14 dan sal Ek die reën vir julle land gee in sy seisoene, vroeë reëns en laat reëns sodat jy jou koring en jou nuwe wyn en jou olie kan insamel.
15 Ek sal gras gee op jou veld vir jou vee en jy sal eet en versadig wees.
16 Wees versigtig dat julle verstand, wil en emosie nie mislei word sodat julle wegdraai, ander gode dien en voor hulle neerbuig nie