27 en jy moet jou brandoffers, die vleis en die bloed, offer op die altaar van יהוה, jou God en die bloed van jou offers moet teen die altaar van יהוה, jou God, uitgegooi word, maar die vleis kan jy eet.
28 Let op en gehoorsaam al hierdie woorde wat ek jou beveel sodat dit met jou en jou seuns ná jou goed kan gaan, vir altyd, as jy doen wat goed en reg is in die oë van יהוה, jou God.
29 Wanneer יהוה, jou God, die nasies waarheen jy gaan, om hulle te onteien, voor jou afsny en jy hulle onteien het en in hulle land bly,
30 let op dat jy nie in die strik val om hulle te volg nadat hulle voor jou uit vernietig is nie en dat jy nie na hulle gode vra en sê: ‘Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien sodat ek dit ook so kan doen?’ nie.
31 Jy mag dít nie doen aan יהוה, jou God, nie, want alles wat vir יהוה verwerplik is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen, want hulle het selfs hulle seuns en hulle dogters in die vuur verbrand vir hulle gode.Deut 4:2; Spr 30:6; Mat 5:17-19
32 Wat ek julle ook al beveel, dit moet julle doen; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van wegvat nie.