4 Daar mag geen suurdeeg vir sewe dae lank in jou hele grondgebied gesien word nie en niks van die vleis wat jy die eerste dag teen sonsonder slag, mag tot die oggend toe oorbly nie.
5 Jy mag nie die Pesag in enige van jou dorpe wat יהוה, jou God, aan jou gee, slag nie,
6 maar op die plek waar יהוה, jou God, sal kies om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) te vestig, moet jy die Pesag slag, in die aand teen sononder, op die aangestelde tyd toe jy uit Mitzrayim uitgekom het.2 Kro 30:15-20
7 Jy moet dit gaarmaak en eet op die plek wat יהוה, jou God, sal kies en in die oggend moet jy omdraai en na jou tente toe gaan.
8 Ses dae lank moet jy ongesuurde brode eet en op die sewende dag is daar ’n ernstige byeenkoms tot יהוה, jou God; dan mag jy geen werk doen nie.Hand 2:1
9 Jy moet vir jouself sewe weke tel; vandat die sekel die eerste keer in die ongesnyde graan geslaan word, moet jy sewe weke tel.
10 Dan moet jy die Fees van Weke hou vir יהוה, jou God, met ’n deel van die vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee namate יהוה, jou God, jou sal seën.