1 Die Levitiese priesters, die hele stam van Levi, mag geen deel of erfenis saam met Yisra’el hê nie. Hulle sal die offers deur vuur aan יהוה en Sy deel eet.
2 Hulle mag geen erfenis hê onder hul broers nie; יהוה is hulle erfenis, soos Hy hulle beloof het.
3 Die volgende moet behoort aan die priesters vanaf die volk, van die wat ’n offer bring, of dit ’n bees of ’n stuk kleinvee is: hulle moet aan die priester die blad (skouer), die twee wange (kakebeen) en die maag gee.
4 Jy moet vir hom die eerstelinge van jou graan, jou nuwe wyn, jou olie en die eerstelinge van die skeersel van jou kleinvee gee,
5 want יהוה, jou God, het hom en sy seuns uit al jou stamme gekies, om vir altyd te staan en te dien in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה.
6 Dus, as ’n Leviet uit een van jou dorpe kom, uit die hele Yisra’el waar hy bly en kom met die begeerte van sy wil, verstand en emosie na die plek wat יהוה sal kies,