11 of wat vloeke en bindings toepas, of wat geeste oproep of ’n towenaar, of een wat die dooies raadpleeg nie,
12 want elkeen wat hierdie dinge doen, is verwerplik vir יהוה en as gevolg van hierdie verwerplikhede onteien יהוה, jou God, hulle voor jou uit.
13 Jy moet onberispelik wees voor יהוה, jou God,
14 want hierdie nasies wat jy onteien, het geluister na towenaars en waarsêers, maar wat jou betref, יהוה, jou God, het jou nie toegelaat om dit te doen nie.Yog 6:14; Hand 3:23; Hand 7:37
15 יהוה, jou God, sal ’n profeet soos ek uit jou midde, uit jou broers, vir jou laat opstaan; na hom moet julle luister
16 volgens alles wat jy van יהוה, jou God, by Horev gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het: ‘Laat my nie weer die stem van יהוה, my God, hoor nie en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sal ek sterf.’
17 יהוה het vir my gesê: ‘Hulle het goed gepraat.’Yog 5:30